EKSDERDE

MOSSELBAAI

Bespreek Kalender 2019

Ons Kampterrein


Eksderde Mosselbaai se Gratis Kampe word gehou by ons kampterrein, ongeveer 15km Noord-Wes van Groot Brakrivier. Dit is werklik `n pragtige terrein met slaap plek vir 200 mense.

ManneKampe Mosselbaai

ManneKampe
Mosselbaai

Kom kuier saam by Eksderde se gratis naweek Mannekampe, hier by ons eie kamp terrein in Mosselbaai. Kom ervaar hoe Jesus jou lewe aanraak in die beeldskone natuur.

Eksderde Mosselbaai hou Gratis Naweek Mannekampe by ons Kampterrein 15km Noord-Wes van Groot Brakrivier.

Kom beleef hierdie Kampe saam met ons waar mans saamkom om te kuier oor Jesus, en meer te leer oor Sy plan en doel met elkeen van ons se lewens. Kom geniet saam met ons ʼn wegbreek van werk en stres en gaan terug na jou huis, ʼn nuwe mens. Eksderde manne en vrouekampe word sedert 2008 gratis aangebied in Pretoria en nou bied Eksderde ook Gratis Manne en Vrouekampe aan by ons Mosselbaai Kampterrein.

-Koste: Gratis.

-Tyd: Inskrywings en begin Vrydag om 17h00 en die kamp maak Sondag om 14h00 klaar.

-NB: Eksderde Mannekampe word aangebied vir volwassenes slegs vanaf 18 jaar en op, geen kinders word toegelaat nie.

- Beddegoed – Slaapsak of Duvet met laken/paslaken en kussing. (Daar is ‘n enkelbed met matras beskikbaar vir elke persoon.)

- Toiletware – (skeer en wasgoed) en handdoek

- Gemaklikke klere – Dis die Bosveld

- Windbreker, of so iets, vir koel aande.

- Bybel, notaboek en pen.

- Muskietgoed.

- Daar is ‘n snoepie en koffie kroeg met kaart fasiliteite.

16 tot 18 Maart

11 tot 13 Mei

17 tot 19 Augustus

19 tot 21 Julie

9-11 November


Ons sien uit om jou daar te sien!

Bespreek

Jou ondersteuning maak `n verskil!

Donasies

VroueKampe Mosselbaai

VroueKampe
Mosselbaai

Dames, kom ontdek Jesus se liefde en Sy skeppingsdoel vir jou by Eksderde se Gratis Mosselbaai Vrouekampe. Word verfris en ervaar Sy teenwrdigheid op ons pragtige terrein in die natuur.

Eksderde Mosselbaai hou Gratis Naweek Vrouekampe by ons Kampterrein 15km Noord-Wes van Groot Brakrivier.

Kom beleef `n naweek saam met ons waar vroue se lewens verander. Dis `n heerlikke wegbreek van werk en stress,jy gaan terug na jou huis, ʼn nuwe mens. Eksderde manne en vrouekampe word sedert 2008 gratis aangebied in Pretoria en nou bied Eksderde ook Gratis Kampe aan by ons Mosselbaai Kampterrein -Koste: Gratis.

-Tyd: Inskrywings en begin Vrydag om 17h00 en die kamp maak Sondag om 14h00 klaar.

-NB: Eksderde Vrouekampe word aangebied vir volwassenes slegs vanaf 18 jaar en op, geen kinders word toegelaat nie.

- Beddegoed – Slaapsak of Duvet met laken/paslaken en kussing. (Daar is ‘n enkelbed met matras beskikbaar vir elke persoon.)

- Toiletware – (skeer en wasgoed) en handdoek

- Gemaklikke klere – Dis die Bosveld

- Windbreker, of so iets, vir koel aande.

- Bybel, notaboek en pen.

- Muskietgoed.

- Daar is ‘n snoepie en koffie kroeg met kaart fasiliteite.

02 tot 04 Februarie

13 tot 15 April

08 tot 10 Junie

14 tot 16 September

02 tot 04 November


Ons sien uit om jou daar te sien!

Bespreek

Jou ondersteuning maak `n verskil!

Donasies

Jeugkampe Mosselbaai

Jeugkampe
Mosselbaai

Eksderde Jeugkampe se visie is om soveel moontlik Jongmense se lewens permanent te verander om ‘n verskil te maak in die wêreld daar buite.

Eksderde Jeugkampe se visie is om soveel moontlik Jongmense se lewens permanent te verander om ‘n verskil te maak in die wêreld daar buite. Ons help die jeug om te fokus op die positiewe dinge in die lewe en om te heers oor hulle omstandighede deur lesings en games, sodat vandag se jeug tot hulle volle potensiaal kan lewe. Die jeug van vandag het ‘n groot aanslag vanuit die wêreld, maar daar is NIKS wat te groot is vir God nie. Daarom moet tieners weet dat hulle tot ALLES in staat is deur Christus Jesus wat hulle die krag gee.

Koste: Gratis

Tyd: Inskrywings begin Maandag 14h00 en die kamp maak Vrydag om 12h00 klaar.

Slaapsak en Kussing,

Muskiet afweerder bv peacefull sleep, Sonskerm, Eie medikasie, Toiletware

Flits & Waterbottel,

Notaboek, bybel, pen

Sakgeld,

Hoed, Warm baadjie, Tekkies, Plakkies, Slegs gemaklikke en ou klere wat kan vuil word,

Handdoeke X2, Swemklere,

Los by die huis: Waardevolle besittings.

2 tot 6 April

1 tot 5 Oktober

Stap1: Druk die bespreek knoppie en beweeg af op die lys wat open om te kyk wanneer die besprekings vir die Jeugkamp oopmaak.

Stap2: Indien die kamp datum rooi vertoon is die kamp besprekings oop, druk op die rooi datum, vul die kampers se besonderhede in en druk bespreek. Geluk U kampers is suksesvol bespreek!

Stap3: Trek die e-pos met U besprekings nommer en Vrywaringsvorm af, bere die besprekings nommer op `n veilige plek, dit dien as U besprekings bewys.

Stap4: Print en vul `n Vrywaringsvorm, wat aan U e-pos aangeheg is, vir ELKE kamper wat U bespreek het in. Op die vrywaringsvorm gaan U gevra word om U besprekings nommer in te vul, geen vrywarings vorm sal aanvaar word sonder `n besprekings nommer nie, U vrywarings vorm is nie U bespreking nie, geen vrywarings vorm sonder `n geldige besprekings nommer sal aanvaar word nie.

Stap5: Stuur jou ingevulde vrywaringsvorm met geldige besprekings nommer na die kantoor deur middel van `n faks by 086 688 5101 of per epos by kantoor@eksderde.co.za Geen kamper sal toegelaat word sonder `n volledige vrywarings vorm nie!

Stap6: Lees deur al die inligting wat aan die vrywaring aangeheg is. Bring U besprekingsnommer saam wanneer U die kampers, Maandag vanaf 2uur, kom aflaai. Kampers word verplig om die hele kamp by te woon van Maandag tot Vrydag. Eksderde Jeugkampe is `n 5 dag kamp pakket. Ons vra die ouers om ons te ondersteun in hierdie verband, vergunnings sal sleg gemaak word indien dit `n noodgeval is. Geniet die kamp!

U sal `n Vrywaringsvorm per e-pos ontvang nadat U die bespreking gemaak het. Print asb en vul `n vrywaringsvorm in vir elke kamper en stuur elke vrywaringsvorm per e-pos na kantoor@eksderde.co.za / faks na 086 688 5101

Bespreek

Kinderkampe Mosselbaai

Kinderkampe
Mosselbaai

Ons fokus op 'n verhouding met Jesus en bied fun lesings en games aan op die kinders se vlak, sodat hulle kan verstaan. Ons kinders moet weet hoe spesiaal hulle vir Jesus is.

Saam met Eksderde Jeugkampe bied Eksderde ook Kinderkampe aan vir kinders tussen die ouderdom van 8- en 13 jaar. In vandag se tyd word kinders vanaf ʼn jong ouderdom aan baie negatiewe goed van die wêreld blootgestel, daarom fokus ons met die kinders op verhouding met Jesus en bied vir hulle fun lesings en games aan op hulle vlak, sodat hulle kan verstaan. Ons kinders moet weet hoe spesiaal hulle vir Jesus is en dat Hy belangstel in hulle, selfs op so ʼn jong ouderdom. Ons kry fantastiese terugvoer en getuienisse van ons kinderkampe, wat vir ons wys, ons kleintjies is nie te jonk nie!

Koste: Gratis

Tyd: Inskrywings begin Vrydag 14h00 en die kamp maak die Sondag om 12h00 klaar.

Slaapsak en Kussing,

Muskiet afweerder bv peacefull sleep, Sonskerm, Eie medikasie, Toiletware

Flits & Waterbottel,

Notaboek, bybel, pen

Sakgeld,

Hoed, Warm baadjie, Tekkies, Plakkies, Slegs gemaklikke en ou klere wat kan vuil word,

Handdoeke X2, Swemklere,

Los by die huis: Waardevolle besittings.

6 tot 8 April

5 tot 7 Oktober

Stap1: Druk die bespreek knoppie en beweeg af op die lys wat open om te kyk wanneer die besprekings vir die Jeugkamp oopmaak.

Stap2: Indien die kamp datum rooi vertoon is die kamp besprekings oop, druk op die rooi datum, vul die kampers se besonderhede in en druk bespreek. Geluk U kampers is suksesvol bespreek!

Stap3: Trek die e-pos met U besprekings nommer en Vrywaringsvorm af, bere die besprekings nommer op `n veilige plek, dit dien as U besprekings bewys.

Stap4: Print en vul `n Vrywaringsvorm, wat aan U e-pos aangeheg is, vir ELKE kamper wat U bespreek het in. Op die vrywaringsvorm gaan U gevra word om U besprekings nommer in te vul, geen vrywarings vorm sal aanvaar word sonder `n besprekings nommer nie, U vrywarings vorm is nie U bespreking nie, geen vrywarings vorm sonder `n geldige besprekings nommer sal aanvaar word nie.

Stap5: Stuur jou ingevulde vrywaringsvorm met geldige besprekings nommer na die kantoor deur middel van `n faks by 086 688 5101 of per epos by kantoor@eksderde.co.za Geen kamper sal toegelaat word sonder `n volledige vrywarings vorm nie!

Stap6: Lees deur al die inligting wat aan die vrywaring aangeheg is. Bring U besprekingsnommer saam wanneer U die kampers, Maandag vanaf 2uur, kom aflaai. Kampers word verplig om die hele kamp by te woon van Maandag tot Vrydag. Eksderde Jeugkampe is `n 5 dag kamp pakket. Ons vra die ouers om ons te ondersteun in hierdie verband, vergunnings sal sleg gemaak word indien dit `n noodgeval is. Geniet die kamp!

U sal `n Vrywaringsvorm per e-pos ontvang nadat U die bespreking gemaak het. Print asb en vul `n vrywaringsvorm in vir elke kamper en stuur elke vrywaringsvorm per e-pos na kantoor@eksderde.co.za / faks na 086 688 5101

Bespreek

Meer oor Ons

Eksderde Manne en Vrouekampe is ‘n organisasie sonder winsoogmerk met die doel om mense te evangeliseer met die Goeie boodskapvan verlossing, geregtigheid en ‘n hoopvolle to ekoms wat in Christus Jesus gevind word. Hierdie doel word nagestreef deur die aanbieding van gereelde naweekkampe, ontbyte, seminare en ander aktiwiteite gebaseer op die WOORD van GOD. Die organisasie funksioneer onafhanklik van enige kerkdenominasie en streef na die bevordering van interkerklike samewerking en eenheid.

AGTERGROND: Mabula Manne en Vrouekampe het gedurende Julie 1998 ontstaan en het voorheen kampe aangebied op ‘n Bosveld kampterrein binne die Mabula wildreservaat. Gedurende 1999 is ‘n bosveldplaas te Boschkop geskenk wat toe ontwikkel is om meer aktiwiteite te akkommodeer. Die kampgronde is ontwikkel en slegs twee kampe is daar aangebied, voordat die kampterrein erg verspoel en beskadig is gedurende Februarie 2000. Kampe is daarna vir ‘n tyd lank op Pulani, buite Naboomspruit gehou. Sedert Julie 2000 het ons verskuif na die huidige Eksderde Kampterrein, ongeveer 25km Noord-Oos van Pretoria. Mabula Manne en Vrouekampe se naam is aan die einde van 1999 verander na Eksderde Manne en Vrouekampe.

EKSDERDE SE KANALE: Eksderde bereik mense deur die volgende metodes: Christen naweekkampe word gehou vir Manne, Vroue, Kinders 8-13 jaar ou en Tieners 14-19 jaar oud. Verskeie sprekers bedien die kampgangers met die Woord en praktiese leerervarings. Meer gevorderde kampe met ‘n spesifieke fokus word ook van tyd tot tyd aangebied. Uitreike na dorpe wat die kampe besoek, word onderneem ten einde verhoudinge met die kampgangers te bou in hulle eie dorpe. DVD’s en CD’s van elke lesing word aangebied en versprei ter ondersteuning van mense se persoonlike en gesinslewens. Gebeds- en selgroepe wat vanuit die kampe ontstaan, wat die mense in hulle wandel met die Here versterk word in hulle tuisdorpe aangebied. MISSIE: Eksderde se hoofdoel soos beskryf deur die konstitusie is: “… die bediening van die Liggaam van die Here Jesus Christus, en word uitsluitlik bedryf en georganiseer om CHRISTELIKE EVANGELISASIE te bevorder …”

VISIE: Die fokus is die uitbreiding van die evangelisasiedoelwit. Bemarking van die kamp se aktiwiteite. Die maandelikse opdatering van die webblad met die jongste kampdatums, getuienisse, foto’s en aktuele onderwerpe. Die uitstuur van gereelde motiveringsgedagtes en nuusbrokkies per e-pos en sms’e. Die uitstuur van briewe, e-pos of sms aan kampgangers na afloop van elke kamp om sekere. beginsels te bevestig en betrokkenheid aan te moedig. Die plaas van ‘n bladsy artikel in die Erdekruik koerant elke maand. Visiedeling van die kampe en aktiwiteite met elke kamp, asook met uitreike na dorpe. Ondersteuning van ander bedieninge. Die kanalisering van fondse, materiaal en sprekers ter ondersteuning van ander bedieninge wat besig is om te vestig. Die ondersteuning van die kamplede in die gemeenskap. Die ondersteuning en vestiging van soortgelyke kampe elders binne en buite Suid Afrika.

God Eerste... Jy's Tweede... Eksderde