WELKOM BY EKSDERDE
Een visie. Een bediening. Dieselfde hart en doel, twee unieke liggings.
Met groot dankbaarheid teenoor die Here kan ons getuig dat Eksderde kampe ʼn reuse sukses is.
By Eksderde het ons menigte getuienisse van persoonlike verhoudings met Jesus Christus wat herstel is, van persone wat emosionele genesing ontvang het, asook huwelike en ouer-kind verhoudings wat herstel is.
In Pretoria word kampe gehou op die Eksderde Wildsplaas, sowat 25km Noord-Oos van Pretoria.
In Mosselbaai word kampe gehou op Yellow Woods Camp and Conferences, sowat 15km Noord-Wes van Groot-Brakrivier.
Ons sien uit om jou te verwelkom by ...
Help ons om in 2026 meer mense te bereik
Saam is ons sterker en beter!
Bid vir Eksderde: Vir die persone wat ons kampe bywoon, sowel as vir ons sprekers en kleingroep-leiers.
Versprei die nuus: Sluit aan by ons sosiale media netwerke en deel ons advertensies. En wanneer jy ‘n kamp bywoon – moet dit beslis nie alleen doen nie, bring ander saam met jou.
Maak ‘n finansiële bydrae: Besoek gerus ons donasie bladsy vir meer inligting ten opsigte hiervan.







