LODGE
VERHURINGS
Lodges
Ons fasiliteite is geleë op ‘n 85 hektaar bosveld plaas met mak wild en wandel-paadjies, 25km noord-oos van Pretoria op die KwaMhlanga pad.
Aantal Persone: 70
Koste p/p per nag (min.2 nagte): R 230pp insluitend 3 etes p/dag
NB: Bespreking is vir ‘n minimum van 40 kampeerders. Indien minder as 35 mense bywoon, sal die koste vir 40 persone nogsteeds betaalbaar wees.
- 10 toegeruste self help eenhede (Handoeke en winter komberse is NIE ingelsuit nie).
- Kos (Kontak ons asb vir `n spyskaart teen addisionele kostes).
- Opwasmiddels
- Toiletware
- Handoeke
- Warm Komberse vir winter
- Snoepie en Koffiewinkel (vra R300 ekstra)
- Klank vir die terrein moet self gereel en voorsien word deur kampeerders. Ons voorsien nie klank vir die Lodges terrein nie.
U bespreking sal slegs voorbehou word wanneer ons ‘n deposito van R5000 ontvangen ‘n Bewys van betaling met die Bespreking Vorm per faks/e-pos gestuur is.
NB: Die Uitstaande bedrag is betaalbaar 4 dae voor julle aankoms. Die deposito word nie terugbetaal indien die bespreking gekanselleer word binne 60 dae van bespreekde datum af nie.
Naweek besprekings is van Vrydag 14h00 tot Sondag 14h00.
Huurders onderneem om die Fasiliteite in dieselfde toestand agter te laat as wat dit gevind is. (Daar is wel skoonmaak dienste beskikbaar)
Enige versoeke t.o.v. veranderings aan die bogenoemde moet asseblief op skrif aan die bestuur van Eksderde Camps, Conference & Lodges gerig word.