EKSDERDE

PRETORIA

 

ManneKampe

Pretoria

Kom kuier saam by Eksderde se gratis naweek Mannekampe, hier by ons eie kamp terrein in Pretoria. Kom ervaar hoe Jesus jou lewe aanraak in die beeldskone natuur.

 

 

VroueKampe

Pretoria

Vroue, kom ontdek Jesus se liefde en Sy skeppingsdoel vir jou by Eksderde se Gratis Vrouekampe. Word verfris en ervaar Sy teenwoordigheid op ons pragtige terrein in die natuur.

 

JeugKampe

Pretoria

Eksderde Jeugkampe se visie is om soveel moontlik Jongmense se lewens te verander om werklik n verskil te maak in die wereld daar buite. 

 

KinderKampe

Pretoria

Ons fokus op 'n verhouding met Jesus en bied fun lesings en games aan op die kinders se vlak, sodat hulle kan verstaan. Ons kinders moet weet hoe spesiaal hulle vir Jesus is.

Eksderde Mannekampe word op die Eksderde Bosveld kampterrein ongeveer 25km Noord-Oos vanuit Pretoria aangebied, waar mans al vanaf Julie 2000 elke maand saamkom en saam kuier oor Jesus, en meer leer oor Sy plan en doel met elkeen van ons se lewens.

Kom geniet saam met ons ʼn naweek wegbreek van werk en stres in die bosveld en gaan terug na jou huis, ʼn nuwe mens. Eksderde manne en vrouekampe word sedert 2008 gratis aangebied en word steeds gratis aangebied in 2016.

Mannekamp inskrywings begin om 16h00 op ‘n Vrydagmiddag, aandete is om 19h00 en die eerste lesing begin om 19h45, die kamp is Sondag om 12h00 klaar.

Koste: Gratis.

Tyd: Hekke maak STIPTELIK Vrydag 15h00 oop. Inskrywings en begin 16h00 en die kamp maak Sondag om 14h00 klaar.

NB:Eksderde Mannekampe word aangebied vir volwassenes slegs vanaf 18 jaar en op , geen kinders word toegelaat nie.

- Beddegoed – Slaapsak of Duvet met laken/paslaken en kussing. (Daar is ‘n enkelbed met matras beskikbaar vir elke persoon.)

- Toiletware – (skeer en wasgoed) en handdoek

- Casual klere – Dis die Bosveld

- Windbreker, of so iets, vir koel aande.

- Swemklere – as jy wil.

- Bybel, notaboek en pen.

- Muskietgoed.

- Daar is ‘n snoepie en koffie kroeg met kaart fasiliteite.

27 tot 29 Jan

24 tot 26 Feb

21 tot 23 Apr

19 tot 21 Mei

9 tot 11 Jun Higher Purpose

28 tot 30 Jul Fase 1

25 tot 27 Aug Higher Purpose

22 tot 24 Sep Fase 1

27 tot 29 Okt Higher Purpose

24 tot 26 Nov Fase 1

Eksderde Vrouekampe word op die Eksderde Bosveld kampterrein ongeveer 25km Noord-Oos vanuit pretoria aangebied, waar vroue se lewens al sedert Julie 2000, elke maand verander. Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons in 2016 weer elke maand ʼn vrouekamp sal aanbied. So bespreek vroegtydig, en kom geniet ons gratis kampe saam met ons en laat Jesus jou lewe verryk!

Eksderde manne en vrouekampe word vanaf 2008 gratis aangebied en word steeds gratis aangebied in 2016.

Vrouekamp inskrywings begin om 16h00 op ‘n Vrydagmiddag, aandete is om 19h00 en die eerste lesing begin om 19h45, die kamp is Sondag om 12h00 klaar.

Koste: Gratis.

Tyd: Hekke maak STIPTELIK Vrydag 15h00 oop. Inskrywings en begin 16h00 en die kamp maak Sondag om 14h00 klaar.

NB:Eksderde Vrouekampe word aangebied vir volwassenes slegs vanaf 18 jaar en op , geen kinders word toegelaat nie.

- Beddegoed – Slaapsak of Duvet met laken/paslaken en kussing. (Daar is ‘n enkelbed met matras beskikbaar vir elke persoon.)

- Toiletware – (skeer en wasgoed) en handdoek

- Casual klere – Dis die Bosveld

- Windbreker, of so iets, vir koel aande.

- Swemklere – as jy wil.

- Bybel, notaboek en pen.

- Muskietgoed.

- Daar is ‘n snoepie en koffie kroeg met kaart fasiliteite.

20 tot 22 Jan

17 tot 19 Feb

14 tot 16 Apr

12 tot 14 Mei

26 tot 28 Mei Higher Purpose

16 tot 18 Jun Higher Purpose

21 tot 23 Jul Fase 1

18 tot 20 Aug Higher Purpose

15 tot 17 Sep Fase 1

20 tot 22 Okt Higher Purpose

17 tot 19 Nov Fase 1

Eksderde Jeugkampe se visie is om soveel moontlik Jongmense se lewens permanent te verander om ‘n verskil te maak in die wêreld daar buite. Ons help die jeug om te fokus op die positiewe dinge in die lewe en om te heers oor hulle omstandighede deur lesings en games, sodat vandag se jeug tot hulle volle potensiaal kan lewe. Die jeug van vandag het ‘n groot aanslag vanuit die wêreld, maar daar is NIKS wat te groot is vir God nie. Daarom moet tieners weet dat hulle tot ALLES in staat is deur Christus Jesus wat hulle die krag gee. Koste: Gratis Tyd: Inskrywings begin Maandag 14h00 en die kamp is Vrydag om 12h00 klaar.
-Slaapsak en Kussing.

-Muskiet afweerder bv peacefull sleep, Sonskerm, Eie medikasie, Toiletware.

-Flits & Waterbottel.

-Notaboek, bybel, pen.

-Sakgeld.

-Hoed, Warm baadjie, Tekkies, Plakkies, Slegs gemaklikke en ou klere wat kan vuil word.

-Handdoeke X2, Swemklere.

-Los by die huis: Waardevolle besittings.

26 tot 29 Jun

11 tot 14 Des

Saam met Eksderde Jeugkampe bied Eksderde ook Kinderkampe aan vir kinders tussen die ouderdom van 9- en 13 jaar. In vandag se tyd word kinders vanaf ʼn jong ouderdom aan baie negatiewe goed van die wêreld blootgestel, daarom fokus ons met die kinders op verhouding met Jesus en bied vir hulle fun lesings en games aan op hulle vlak, sodat hulle kan verstaan. Ons kinders moet weet hoe spesiaal hulle vir Jesus is en dat Hy belangstel in hulle, selfs op so ʼn jong ouderdom. Ons kry fantastiese terugvoer en getuienisse van ons kinderkampe, wat vir ons wys, ons kleintjies is nie te jonk nie!

Koste: Gratis

Tyd: Inskrywings begin Vrydag 14h00 en die kamp maak die Sondag om 14h00 klaar.

-Slaapsak en Kussing.

-Muskiet afweerder bv peacefull sleep, Sonskerm, Eie medikasie, Toiletware.

-Flits & Waterbottel.

-Notaboek, bybel, pen.

-Sakgeld.

-Hoed, Warm baadjie, Tekkies, Plakkies, Slegs gemaklikke en ou klere wat kan vuil word.

-Handdoeke X2, Swemklere.

-Los by die huis: Waardevolle besittings.

24 tot 26 Jun

9 tot 11 Des