Mosselbaai

BELANGRIKE KENNISGEWING

Mosselbaai | Een-Dag Manne- & Vrouekampe

Ons is opgewonde oor die nuwe ontwikkeling ten opsigte van
EKSDERDE SE KAMPE IN MOSSELBAAI

Ons bied op 19 September en 21 November ‘n Een-Dag Vrouekamp (Vrouedag),
en op 17 Oktober ‘n Een-Dag Mannekamp (Mannedag) aan.

Daar is dus nie vir die res van 2026 naweek-kampe
wat in MOSSELBAAI gehou word nie.

Let wel: Ons bied steeds in Pretoria naweek-kampe aan.

Mosselbaai Besprekingsblad

‼️ BELANGRIKE KENNISGEWING

Indien jy NIE ‘n WhatsApp-boodskap en e-pos van Eksderde ontvang nadat jy jou bespreking en betaling gedoen het nie, dui dit aan dat ons NIE jou betaling ontvang het nie.

Kontroleer asseblief met jou bank of die betaling deur is.

Sonder betaling vind GEEN REGISTRASIE plaas nie.

Om die kamp by te woon, moet jy ‘n bewys van betaling EN registrasie hê.  Bewys van registrasie word slegs per WhatsApp en e-pos gestuur – wat ‘n QR code bevat wat registrasie en betaling bevestiging.  BRING DIT SAAM KAMP TOE.

Geen laat registrasies en betaling kan tydens kampe gedoen word nie.

Maak asseblief seker dat jy die regte
VROUEKAMP of MANNEKAMP
datum kies om te bespreek.

Meer besonderhede oor Mosselbaai kampe

Ons sien uit daarna om jou by ons 2026 Mosselbaai Een-dag manne- en vrouekampe te ontvang.

👉🏻 Neem asseblief kennis dat ons vanaf Januarie 2026 ‘n registrasiefooi van R 100 (eenhonderd rand) per persoon hef.  Geen registrasie kan plaasvind indien die registrasiefooi nie betaal word nie.

👉🏻 Hierdie registrasiefooi is NIE TERUGBETAALBAAR NIE.

👉🏻 Die registrasiefooi moet aanlyn betaal word, ons ontvang geen nuwe registrasies tydens kampe nie.

Sluit gerus by ons WhatsApp-kanaal aan, om ‘n kennisgewing te ontvang sodra die besprekings open.

ALGEMENE INLIGTING

✅ In Mosselbaai word kampe gehou op Yellow Woods Camp and Conferences, sowat 15km Noord-Wes van Groot-Brakrivier.

✅ ONTHOU: Sonder die R 100 besprekingsfooi vind geen registrasie plaas nie.

✅ Geen nuwe registrasies word tydens kampe gedoen nie.

✅ Die registrasiefooi is nie-terugbetaalbaar.

✅ Let wel: Geen persone onder die ouderdom van 18 jaar word toegelaat nie.

✅ Notaboekie word voorsien

✅ Snoepie beskikbaar.

✅ Kaart fasiliteite beskikbaar.

✅ Ons neem ‘n offerande op.

✅ GEEN toeteldiere word toegelaat nie.

DAG-KAMPE

✅ Geen akkommodasie is beskikbaar nie.

✅ Jy is welkom om reeds vanaf 07:00 te arriveer

✅ Ons begin Saterdag stiptelik om 08:00, en sluit 18:00 af.

✅ Koffie/tee, verversings en ‘n middagete word voorsien.

NAWEEK KAMPE

✅ Akkommodasie sal bekendgemaak word, na gelang van die kampreëlings .

✅ Jy is welkom om Vrydag vanaf 15:00 te arriveer

✅ Ons begin Vrydagaand stiptelik 19:00 en sluit Sondag 12:00 afsluit

✅ Koffie/tee, en maaltye word voorsien (Vrydag: aandete | Saterdag: ontbyt, middagete, aandete | Sondag :Ontbyt)

 

SLEGS VAN TOEPASSING OP DIE NAWEEK KAMPE

Gemaklike klere.

Swemklere.

Warm baadjie.

Badkamersakkie.

Beddegoed … lakens, komberse, kussings; of slaapsak.  (Daar is vir elke persoon ‘n enkelbed met matras beskikbaar.)

Pen (lesing boekie word voorsien), Bybel en jou eie notaboek as jy wil.

Sakgeld/bankkaart vir snoepie.

Eetgery word verskaf.

30 Januarie -1 Februarie 2026
27 Februarie – 1 Maart 2026
20 – 22 Maart 2026
15-17 Mei 2026
19-21 Junie 2026
21-23 Augustus 2026
17 Oktober 2026 EEN-DAG Mannekamp

23-25 Januarie 2026
20-22 Februarie 2026
13-15 Maart 2026
8-10 Mei 2026
12-14 Junie 2026
14-16 Augustus 2026
19 September 2026 EEN-DAG Vrouekamp
21 November 2026 EEN-DAG Vrouekamp

Padkaart

Aanwysings

 1  Neem die N2, en neem dan die Groot-Brakrivier (Long traat) afrit en draai na Groot-Brakrivier.

2  Ry 2km met Long straat en draai links by die 3de stop (Amy Searle Straat).

3  Ry 22.1km verder, deur Freimersheim tot by die sirkel, neem die eerste uitgang na links … dit is ‘n grondpad.

4  Ry vir 4.3km op die grondpad tot by Yellowwoods se groen, elektriese staal hek en druk die knoppie om binne te kom.

Welkom by Eksderde.

Koördinate

S 33° 59′ 57.2″
E 022° 08′ 25.5″

Breek weg vir 'n naweek