Meer oor Eksderde

Waarom "Eksderde?"

Dankie dat jy vra.  Die antwoord is eenvoudig:

Vader, Seun & Heilige Gees is eerste, jy is my medemens en is tweede, en ek is derde.

Eksderde Visie

Ons visie is om mense uit hulle omgewing weg te vat, en hulle aan ‘n verhouding met die Here voor te stel, geestelik en emosioneel toe te rus, te motiveer, en hulle dan terug te stuur na hul families, gemeentes en dorpe – om dan daar ‘n verskil te gaan maak.

Ons verbintenis is nie om die sprekers te promoveer nie, maar om die kampeerders toe te rus en te ondersteun om wat hulle geleer en ervaar het self prakties te gaan toepas in hulle eie lewens, families en omgewing.

Hoekom 'n Ekderde kamp oorweeg

In ’n wêreld wat nooit ophou jaag nie, bied ’n Ekderde-kamp vir jou iets kosbaars: ’n wegbreek-geleentheid – ruimte om asem te haal, stil te word en weer perspektief te kry.

Hier kry jy tyd vir persoonlike refleksie en geestelike verryking, waar jy eerlik kan dink, voel en bid.  Die temas wat tydens sessies behandel word, is nie oppervlakkig nie – dit is onderwerpe wat daarop gerig is om jou vrae te antwoord en jou die sin van die lewe te help ontdek, en op ‘n persoonlike vlak te beleef hoe God met jou ontmoet en ook graag deur jou lewe ‘n verskil in iemand anders se lewe wil maak.

By Eksderde sal jy beleef dat niemand vir God te ver is nie.  Jy word herinner dat jou storie saak maak, en dat God jou presies ken waar jy is.  Daarom is dit by Eksderde ons oortuiging dat God jou ontmoet ten spyte van waar jy is.

Die sprekers weet hoe om met mense te connect – op ’n egte, relevante en hoopvolle manier.  Hulle praat nie net oor geloof nie; hulle help jou om dit te beleef.  Hulle gesels eerlik uit hulle eie stories van lief-en-leed en van geloof en oorwinning.  Jy gaan beslis ook lekker lag … wel, en selfs lekker huil.

’n Ekderde-kamp is meer as ’n naweek weg – dit is ’n belegging in jou lewe.

Die Eksderde-storie

Die Eksderde-storie

Hoe Eksderde ontstaan het, en gegroei het tot die bediening wat dit vandag is.

Jan vertel

Jan vertel

Ons stel graag die stigter van Eksderde aan julle voor: Jan Bronkhorst.

Ons aanbieding

Ons aanbieding

Die sessies tydens elke kamp is gemaklik, informeel en sal jou persoonlik raak.

Inligting uit Eksderde se 2016 Pretoria argief

👉🏻 Gedurende 2016 het ons 500 000 besoekers op ons webwerf gehad.

👉🏻 Die volgende inligting is ten opsigte van kampe wat in 2016 in Pretoria gehou was:

🔹 11 Mannekampe, met ‘n totaal van 2849 manne wat dit bygewoon het.
🔹 11 Vrouekampe, met ‘n totaal van 3982 vroue wat dit bygewoon het.
🔹 4 Jeugkampe, met ‘n totale bywoning van 1500 jongmense (14-18 jariges) – hierdie is ‘n weeklange kamp.
🔹 4 KidsKampe, met ‘n totale bywoning van 1056 kinders (8-13 jariges).

👉🏻 Dit is ‘n totaal van 9387 persone wie se lewens geraak is – en wat ‘n encounter met Jesus beleef het!!!  Van hierdie persone was 7510 eerstemaal-kampgangers gewees.

👉🏻 Wanneer ons in gedagte hou dat alle kampe; dit is manne-, vroue, jeug- en kidskampe gratis aangebied was, het Eksderde ‘n totale koste gedurende 2016 aangaan van:

R 1 082 620 (2849 manne @ R 380 p/persoon)
R 1 513 160 (3982 vroue @ R 380 p/persoon)
R    900 000 (1500 jongmense @ R 600 p/persoon)
R    401 280 (1056 kinders @ R 380 p/persoon)
3 897 060 TOTALE KOSTE

‼️ In dit alles sien ons duidelik die hand van die Here, en ons dank Hom daarvoor!