Donasies

Hoe kan jy by Eksderde betrokke raak?

EERSTENS … wil ons ons opregte waardering uitspreek teenoor elke persoon wat die Eksderde Manne- en Vrouekampe finansieel ondersteun. Julle getroue bydraes maak dit moontlik vir ons om kampe aan te bied waar lewens aangeraak, harte verander en mense bereik word met die Goeie Nuus van Jesus Christus. Deur julle ondersteuning word geleenthede geskep vir geestelike groei, herstel en hoop, en word Eksderde se roeping – om die evangelie sigbaar en tasbaar te maak – verder uitgebou. Dankie dat julle saam met ons staan en deel is van dit wat God deur Eksderde doen.

Neem asseblief kennis

Aangesien Eksderde as ‘n PBO (Public Benefit Organisation) geregistreer is, kan ons 18A-sertifikate uitreik. Β Ons is ook as ‘n NPO (non-profit organisation) geregistreer.

NPO (Non-profit Organisation) 056-811-NPO
PBO (Public Benefit Organisation) 930053071

Gesels gerus met ons indien jy ‘n 18A-sertifikaat benodig.

2025 Manne- & Vrouekampe

Kampgangers gedurende 2025

Wanneer ons in ag neem dat dit ons R 350 per persoon kos, en 4000 persone gedurende 2025 ons GRATIS manne en vrouekampe bygewoon het, het Eksderde ‘n koste van R 1, 4 miljoen aangegaan om hierdie 26 kampe GRATIS te kon aanbied.

85 000 kampgangers vanaf 2012 tot 2022

Kom geniet 'n Eksderde-belewenis vir jouself

Hoekom vra ons 'n besprekingsfooi?

Ons vra ’n R 100 besprekingsfooi om te help voorkom dat mense bespreek maar nie opdaag nie. Ongelukkig ervaar ons dat gemiddeld ongeveer 20% van geregistreerde persone nie by kampe opdaag nie – sonder enige verskoning. Dit skep onnodige uitgawes en neem plekke weg van ander wat graag sou wou bywoon. Die doel van hierdie fooi is dus om ’n sterker commitment te bevestig, sodat ons beter kan beplan en seker maak dat plekke benut word deur mense wat werklik van plan is om die kamp by te woon.

πŸ‘‰πŸ» Hierdie R 100 is slegs ’n registrasie- en besprekingsfooi, en nie ’n kampfooi nie.

πŸ‘‰πŸ» Hierdie R 100 is ook nie terugbetaalbaar nie.