Pretoria

Pretoria Besprekingsblad

‼️ BELANGRIKE KENNISGEWING

Indien jy NIE ‘n WhatsApp-boodskap en e-pos van Eksderde ontvang nadat jy jou bespreking en betaling gedoen het nie, dui dit aan dat ons NIE jou betaling ontvang het nie.

Kontroleer asseblief met jou bank of die betaling deur is.

Sonder betaling vind GEEN REGISTRASIE plaas nie.

Om die kamp by te woon, moet jy ‘n bewys van betaling EN registrasie hê.  Bewys van registrasie word slegs per WhatsApp en e-pos gestuur – wat ‘n QR code bevat wat registrasie en betaling bevestiging.  BRING DIT SAAM KAMP TOE.

Geen laat registrasies en betaling kan tydens kampe gedoen word nie.

Maak asseblief seker dat jy die regte
VROUEKAMP of MANNEKAMP
datum kies om te bespreek.

Meer besonderhede oor Pretoria kampe

Ons sien uit daarna om jou by ons 2026 Pretoria manne- en vrouekampe te ontvang.

👉🏻 Neem asseblief kennis dat ons vanaf Januarie 2026 ‘n registrasiefooi van R 100 (eenhonderd rand) per persoon hef.  Geen registrasie kan plaasvind indien die registrasiefooi nie betaal word nie.

👉🏻 Hierdie registrasiefooi is NIE TERUGBETAALBAAR NIE.

👉🏻 Die registrasiefooi moet aanlyn betaal word, ons ontvang geen nuwe registrasies tydens kampe nie.

Sluit gerus by ons WhatsApp-kanaal aan, om ‘n kennisgewing te ontvang sodra die besprekings open.

In Pretoria word kampe gehou op die Eksderde Wildsplaas, sowat 25km Noord-Oos van Pretoria.

✅ ONTHOU: Sonder die R 100 besprekingsfooi vind geen registrasie plaas nie.

Geen nuwe registrasies word tydens kampe gedoen nie.

Die registrasiefooi is nie-terugbetaalbaar.

✅ Jy is welkom om Vrydag vanaf 15:00 te arriveer.

✅ Let wel: Geen persone onder die ouderdom van 18 jaar word toegelaat nie.

✅ Die program begin Vrydag om 19:00, en sluit Sondag om 12:00 af.

✅ Maaltye ingesluit (Vrydag: aandete; Saterdag: ontbyt, middagete, aandete; Sondag: ontbyt).

✅ Snoepie beskikbaar.

✅ Kaart fasiliteite beskikbaar.

✅ Ons neem Sondag ‘n offerande op.

Gemaklike klere.

Swemklere.

Warm baadjie.

Badkamersakkie.

Beddegoed … lakens, komberse, kussings; of slaapsak.  (Daar is vir elke persoon ‘n enkelbed met matras beskikbaar.)

Pen (lesing boekie word voorsien), Bybel en jou eie notaboek as jy wil.

Sakgeld/bankkaart vir snoepie.

Eetgery word verskaf.

13-15 Februarie
17-19 April 2026
5-7 Junie 2026
31 Julie – 2 Augustus 2026
4-6 September 2026

6-8 Februarie 2026
10-12 April 2026
29-31 Mei 2026
24-26 Julie 2026
28-30 Augustus 2026
6-8 November 2026

Padkaart

Aanwysings

 Eksderde Kampterrein aanwysings vanaf Johannesburg

Ry Noord op die N1 Polokwane snelweg, gaan verby Pretoria en neem die Zambesi/Cullinan-afrit (Sefako Magatho).

Draai regs by die robot net na die tolhek en ry met Zambesiweg onderdeur die snelweg en draai links by die 2de robot (dis slegs 800m vanaf die snelweg en daar is ‘n groot mall). Die roetebord lees: R573 Kwa-Mhlanga links. Draai dan links met die glybaan op die Kwa-Mhlangapad (ou Moloto pad) wat verby die Roodeplaatdam gaan.

Ry van daardie robot 25km tot waar jy bruin Eksderde Lodges bord kry wat links wys, daar is ook ‘n groot groen bord wat Cullinan na regs wys, net verby daardie bord is ‘n grondpad wat LINKS draai na die Eksderde Kampterrein.

Daar is ook ‘ n Eksderde bord met rooi letters hoog aan ‘n kragpaal vas, volg die Eksderde bordjies vir ongeveer 5km tot by Eksderde kampterrein.

Welkom by Eksderde

Koördinate

S 25° 31′ 18″
E 28˚ 26′ 43″

Breek weg vir 'n naweek