Ons nooi jou hartlik uit na die eerste Eksderde Mannekamp van 2026.
Daar kom ’n punt waar ’n man moet sê: “Ek kan nie langer so aangaan nie.” Waar jy besef – met my eie pogings maak dit nie … ek het hulp nodig. Jy moet die streep trek. Genoeg is genoeg!
Hierdie mannekamp is ’n wegbreek naweek aan die begin van die jaar – ’n nodige stilhouplek waar jy kan asemhaal, eerlik kan wees met jouself en oor jouself, en weer vastrapplek kan kry vir die pad vorentoe. Kom ontdek dat Jesus die Een is wat jy werklik nodig het – vir herstel, vir nuwe rigting, vir hoop… vir lewe.
As jy weet iets moet verander …
As jy gereed is om die streep te trek en nuut te begin …
Gun jouself hierdie naweek.
Leef anders.
Begin nou – met Jesus!
✅ In Mosselbaai word kampe gehou op Yellow Woods Camp and Conferences, sowat 15km Noord-Wes van Groot-Brakrivier.
✅ ONTHOU: Sonder die R 100 besprekingsfooi vind geen registrasie plaas nie.
✅ Geen nuwe registrasies word tydens kampe gedoen nie.
✅ Die registrasiefooi is nie-terugbetaalbaar.
✅ Jy is welkom om Vrydag vanaf 15:00 te arriveer.
✅ Let wel: Geen persone onder die ouderdom van 18 jaar word toegelaat nie.
✅ Die program begin Vrydag om 19:00, en sluit Sondag om 12:00 af.
✅ Maaltye ingesluit (Vrydag: aandete; Saterdag: ontbyt, middagete, aandete; Sondag: ontbyt).
✅ Snoepie beskikbaar.
✅ Kaart fasiliteite beskikbaar.
✅ Ons neem Sondag ‘n offerande op.
Gemaklike klere.
Swemklere.
Warm baadjie.
Badkamersakkie.
Beddegoed … lakens, komberse, kussings; of slaapsak. (Daar is vir elke persoon ‘n enkelbed met matras beskikbaar.)
Pen (lesing boekie word voorsien), Bybel en jou eie notaboek as jy wil.
Sakgeld/bankkaart vir snoepie.
Eetgery word verskaf.
23-25 Januarie 2026
20-22 Februarie 2026
13-15 Maart 2026
8-9 Mei 2026
12-14 Junie 2026
14-16 Augustus 2026
11-13 September 2026
16-18 Oktober 2026
20-21 November 2026
Die fasiliteite waar Eksderde, in Mosselbaai, manne- en vrouekampe hou, is beskikbaar om privaat gehuur te word.
Vir meer inligting en kontakbesonderhede klik gerus op hierdie skakel: Mosselbaai Fasiliteite
Padkaart
Aanwysings
1 Neem die N2, en neem dan die Groot-Brakrivier (Long traat) afrit en draai na Groot-Brakrivier.
2 Ry 2km met Long straat en draai links by die 3de stop (Amy Searle Straat).
3 Ry 22.1km verder, deur Freimersheim tot by die sirkel, neem die eerste uitgang na links … dit is ‘n grondpad.
4 Ry vir 4.3km op die grondpad tot by Yellowwoods se groen, elektriese staal hek en druk die knoppie om binne te kom.
Welkom by Eksderde.
Koördinate
S 33° 59′ 57.2″
E 022° 08′ 25.5″





