Ons nooi jou hartlik uit na die eerste Eksderde Vrouekamp van 2026.
Ons nooi jou uit om ‘n avontuur en ontdekkingsreis ten opsigte van jou eie lewe mee te maak – om jou lewe te leef met Jesus aan die stuur van sake. Kry perspektief. Kom, breek weg en word stil; om jou storie eerlik voor God neer te lê, en sy liefde en genade vir jou te beleef.
Leef nuut – leef anders! Kom beleef hoop, herstel en vryheid — saam met ander vroue wat ook kies om nie terug te keer na die ou manier van leef nie. Gun jouself hierdie geleentheid en die vreugde en vrede daarvan om waarlik vry te wees.
✅ In Mosselbaai word kampe gehou op Yellow Woods Camp and Conferences, sowat 15km Noord-Wes van Groot-Brakrivier.
✅ ONTHOU: Sonder die R 100 besprekingsfooi vind geen registrasie plaas nie.
✅ Geen nuwe registrasies word tydens kampe gedoen nie.
✅ Die registrasiefooi is nie-terugbetaalbaar.
✅ Jy is welkom om Vrydag vanaf 15:00 te arriveer.
✅ Let wel: Geen persone onder die ouderdom van 18 jaar word toegelaat nie.
✅ Die program begin Vrydag om 19:00, en sluit Sondag om 12:00 af.
✅ Maaltye ingesluit (Vrydag: aandete; Saterdag: ontbyt, middagete, aandete; Sondag: ontbyt).
✅ Snoepie beskikbaar.
✅ Kaart fasiliteite beskikbaar.
✅ Ons neem Sondag ‘n offerande op.
Gemaklike klere.
Swemklere.
Warm baadjie.
Badkamersakkie.
Beddegoed … lakens, komberse, kussings; of slaapsak. (Daar is vir elke persoon ‘n enkelbed met matras beskikbaar.)
Pen (lesing boekie word voorsien), Bybel en jou eie notaboek as jy wil.
Sakgeld/bankkaart vir snoepie.
Eetgery word verskaf.
23-25 Januarie 2026
20-22 Februarie 2026
13-15 Maart 2026
8-9 Mei 2026
12-14 Junie 2026
14-16 Augustus 2026
11-13 September 2026
16-18 Oktober 2026
20-21 November 2026
Die fasiliteite waar Eksderde, in Mosselbaai, manne- en vrouekampe hou, is beskikbaar om privaat gehuur te word.
Vir meer inligting en kontakbesonderhede klik gerus op hierdie skakel: Mosselbaai Fasiliteite
Padkaart
Aanwysings
1 Neem die N2, en neem dan die Groot-Brakrivier (Long traat) afrit en draai na Groot-Brakrivier.
2 Ry 2km met Long straat en draai links by die 3de stop (Amy Searle Straat).
3 Ry 22.1km verder, deur Freimersheim tot by die sirkel, neem die eerste uitgang na links … dit is ‘n grondpad.
4 Ry vir 4.3km op die grondpad tot by Yellowwoods se groen, elektriese staal hek en druk die knoppie om binne te kom.
Welkom by Eksderde.
Koördinate
S 33° 59′ 57.2″
E 022° 08′ 25.5″





