Eksderde stigter: Jan Bronkhorst

Ek het my eerste kamp in Augustus 1992 gedoen, by Woord in Aksie (WIA), en was by WIA betrokke tot 1997.

Toe WIA Pretoria toe geskuif het, het ek, Pierre Spies en Piet Smith aangehou om nog vir ‘n jaar kampe op Mabula te hou.

Vanaf 1998 het ek en ‘n paar nuwe manne verder kampe op Mabula gehou. 

Toe die kampe na Pretoria verskuif het, het die naam na Eksderde verander.  Die logiese rede vir hierdie naamsverandering, was dat ons nie meer op Mabula was nie.  Verder, het die naam Eksderde ook die bedieningfilosofie van hierdie bediening verduidelik: Jesus eerste, jy’s tweede, EKSDERDE.

Ons het vir 10 jaar kampe aangebied, en ‘n kampfooi gevra; aanvanklik R250 per persoon en later R350 per persoon. 

In 2008, tydens die ekonomiese insinking en weens die resessie, het ek ervaar dat die finansiele druk gepaardgaan met erge maatskaplike kwessies.  Dit het Eksderde genoop om ‘n stap in die geloof te neem – om die manne- en vrouekampe gratis aan te bied.  

My ervaring was dat die mense wat die kampe die meeste benodig het, dit die minste kon bekostig, dus het Eksderde hul eerste gratis kamp in November 2008 aangebied.

Ons kan waarlik van die Here se genade en voorsiening getuig – en ek is dankbaar teenoor die Here vir guns wat ons geniet.