Die aanbieding tydens kampe
Die aanbieding tydens Eksderde kampe, bestaan uit ses spesifieke sessies, elk ontwerp om geestelike groei en persoonlike verryking te fasiliteer. Die onderwerpe wat tydens kampe behandel word, sluit die volgende in:
-
Skeppingsdoel – om God se oorspronklike bedoeling met jou lewe te ontdek.
-
Geregtigheid – om te verstaan wie jy in Christus is.
-
Emosionele bagasie – om vry te word van dit wat jou terughou.
-
Die gawes van die Heilige Gees – om die Heilige Gees se gawes prakties te verstaan.
-
Die Heilige Gees, my Helper – om Sy leiding en teenwoordigheid te leer ken.
-
Die Vaderhart van God – om God se liefde en aanvaarding te beleef.
Lesingboekies word aan alle kampgangers voorsien om die inhoud te ondersteun en persoonlike refleksie te bevorder.
Die lesings word aangebied deur toegewyde sprekers wat hul verantwoordelikheid ernstig opneem en ’n opregte passie vir mense het. Dieselfde lesings word deurlopend by alle Eksderde kampe aangebied, wat kontinuïteit en kwaliteit verseker.
Daar word doelbewus ruimte geskep vir persoonlike bediening, asook kleingroep-besprekings, waar deelnemers in ’n veilige en ondersteunende omgewing kan deel, groei en bid.
Die aanbieding is gemaklik en informeel, maar die bediening geskied altyd met die nodige waardigheid, respek en sensitiwiteit teenoor die leiding van die Heilige Gees.
Eksderde is ’n plek waar mense met God ontmoet, hoop herontdek en met nuwe perspektief huis toe gaan.
